-19%

Jungu Josh-trilogie & Geheim In Die Riete

Original price was: R670.00.Current price is: R540.00.

Van die diep, skaduryke oerwoude van Kalimbula tot die donker raaisels tussen die riete—ervaar die onvergeetlike leesavontuur met die volledige Jungu Josh-trilogie en die meesleurende alleenstaande verhaal, Geheim in die Riete.

Additional information

Weight 0.9 kg
Dimensions 30 × 20 × 20 cm
Format

Paper Book

Age Group

10-99

Language

Afrikaans

Category: Product ID: 79106

Description

Description

Jungu Josh 1:

Die Goue Kalbas

Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op ‘n plaas in Oos-Afrika nadat sy ma verdwyn het. Op ‘n dag word hy na Kalimbula, ‘n geheime vallei, weggevoer waar hy die wyse man, Ngandu moet opspoor. Nie net kan Ngandu hom help met antwoorde oor sy ma se verdwyning nie, maar Josh kry ‘n opdrag om die goue kalbas te vind. Met die hulp van ‘n 15-jarige meisie, Njeri, trotseer hy vreesaanjaende diere en die bose professor op pad na die waarheid.

Jungu Josh 2:

Die Kryger van Aboemondja
Josh is hoofman Zimbila, die Ratel, koning van Kalimbula. Hy hou sy drie vertrouelinge naby: wyse ou Ngandu, onverskrokke Njeri en Charlie, die aardwolf. Maar die gevare wat Kalimbula bedreig is duister en onaards. Die geheimsinnige kring van oudstes met hul rooi mantels kan dalk help, maar Josh is onseker of hulle hom as jong koning aanvaar. Masjeba se raad kom teen ‘n prys. Sal Kalimbula gered kan word voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

Jungu Josh 3:
Die Waters van Wafu

Dis al vier dae wat Silvia, Josh se ma, so lê: bewusteloos op ’n bokvelmatras in ’n hospitaalhut in Liba, Stat van Konings. En Njeri is skoonveld. Josh en Charlie, die aardwolf, moet die vallei invaar om bondgenote te soek vir die groot geveg wat kom. In die misterieuse Geelwoud laat die kinders van Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie bly. Maar die Masharukus soek Josh se bloed en hulle sal Kalimbula inneem as hy hulle nie keer nie. Sal hy ooit weet of Njeri hulle regtig verraai het? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met Kalimbula en die waters van Wafu?

Geheim in die riete:

‘n Karavaanpark klink dalk na ‘n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar’s geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters deur die riete, na waar ‘n seun op ‘n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark loop stories van mense wat verdwyn het: twee kinders, baie jare uit mekaar. Maar dalk kan Timma help om die raaisel op te klaar…

Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jungu Josh-trilogie & Geheim In Die Riete”

Your email address will not be published. Required fields are marked *